Donkerdrif

320.00

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ‘n teregstelling. Is ‘n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het?

ISBN: 9780798181662 Category:

Description

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ‘n teregstelling. Is ‘n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nog staatskaping-onheil?

As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy ‘n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word?

Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ‘n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar na ‘n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alomberugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg . . .

Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit. Gierigheid.

Additional information

ISBN 9780798181662
Publication Date 2020/11/20
Page Number 448
Imprint

Publisher Group

Binding

NIELSEN BOOKSCAN

CHARTING PERIOD January_2021
Product Class

RANKING 1
RRP 320.00
ASP 0.00
Do NOT follow this link or you will be banned from the site!
X