Huis van Gruwels

245.00

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ‘n storie van hoop oor hoe ‘n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.

ISBN: 9780799393330 Category:

Description

Ek kniel op die voetstuk langs die bed en laat my kop sak. ‘n Warm brandpyn skiet deur my hele gesig. Pa het my geskop. Bloed stroom deur my neus. Dan voel ek hoe koue water oor my hele lyf stort. Elektriese drade stuur skokke deur my, ek kan nie deur die bloed sien nie. Here, help my.

Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie die huis ontdek waar ‘n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het.

In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ‘n skokstok geskok, met ‘n gaspistool geskiet en met ‘n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ‘n bad verdrink het. Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ‘n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Huis van gruwels is die skokverhaal van ‘n pa wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin wegneem, maar ook ‘n storie van hoop oor hoe ‘n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.

Additional information

ISBN 9780799393330
Publication Date 2019/09/01
Page Number 256
Imprint

Publisher Group

Binding

NIELSEN BOOKSCAN

CHARTING PERIOD October_2019
Product Class

RANKING 10
RRP 245.00
ASP 0.00
X