Prooi

320.00

Griessel en Cupido soek nie die yskoue docket nie. Johnson Johnson, oud-poliesman, se lyk is gekry langs die treinspoor in die Karoo. In Bordeaux geniet Daniel Darret sy eenvoudige lewe, tot hy verplig word om nog een keer te jag op die korrupte president van sy tuisland.

ISBN: 9780798177757 Category:

Description

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie die docket he nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wereld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dit is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ‘n laksman vir die Stasi en KGB was. Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoenlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Additional information

ISBN 9780798177757
Publication Date 10/22/2018 12:00:00 AM
Page Number 448
Imprint

Publisher Group

Binding

NIELSEN BOOKSCAN

CHARTING PERIOD January 2019
Product Class

RANKING 1
RRP 320.00
ASP
X